FREE MYSCHOOL APP
November 15, 2018Nellies Lojaliteitskaarte / Loyalty Cards
September 7, 2020DIT is nie waar dat kinders nie meer geleer word om te kan spel nie.
Die Laerskool Nelspruit (Nellies) het hierdie stelling bewys toe agt van die skool se leerders puik presteer het tydens die Almal Kan Afrikaans Spel (AKAS) inisiatief wat deur die departement van onderwys gereël word.
Die doel van die spelling-kompetisie is om leerders se woordeskat en spelling te verbeter. Die kompetisie het in 2016 ontstaan om leerders in Afrikaans te motiveer om te spel, lees en te praat.
Twee leerders in elke graad moes hulself uitpresteer om aan die projek te kon deelneem en daarna het ongeveer 180 leerders van verskeie skole in die Laeveld aan die AKAS deelgeneem.
Die finale rondte het vroeër vandeesmaand plaasgevind by Laerskool Nelspruit en die skool se onderwysers kan hulself op die skouer klop na die leerders se uitstekende prestasies.
UITSLAE:
Graad 4 Engels Addisionele Taal (EAT): Feziwe Nkosi (vierde);
Graad 4 Afrikaans Hooftaal (AHT): Abigail van Zyl (eerste) en Nasya Wevell (vierde).
Graad 5 EAT: Tiago Dias (derde);
Graad 5 AHT: Vian Louw (eerste) en Zané Nel (tweede).
Graad 6 EAT: Tamzyn Pelser (tweede);
Graad 7 EAT: Kwandokuhle Mhlongo (eerste)