BOODSKAP VAN DIE KOORMEESTER
Met Koorsang wil ons ‘n lewenslange liefde vir musiek en sang by leerders ontwikkel. Koorsang leer dan ook deursettingsvermoë, toewyding en kinders leer om as ‘n span saam te werk. Laerskool Nelspruit het twee kore. Die Juniorkoor bestaan uit kinders uit graad 1 tot 3 en die Seniorkoor uit kinders van graad 4 tot 7.
Beide kore tree tydens skoolfunksies op asook by die Nelspruit Standard Bank Eisteddfod. Die Seniorkoor neem ook deel aan die ATKV Applous oorkompetisie.Laerskool Nelspruit bied ook jaarliks ‘n Koorfees aan waar plaaslike skoolkore sowel ‘n gaskoor optree. Die gaskoor is gewoonlik ‘n Universiteitskoor. Die Koorfees word op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n massakoor item.
Ons is ongelooflik trots op beide die kore. Met hul hoë standaard van sang, hou hulle die Nellie-naam hoog!
Isabel van Veenhuyzen
Koormeester