SKOOLHOOF SE BOODSKAP

Laerskool Nelspruit streef daarna om gebalanseerde kinders optimaal voor te berei om hulself in ‘n ewig veranderende, uitdagende wêreld, suksesvol te kan handhaaf.

There are two gifts we should give our children; the one is roots and the other is wings.

Gebasseerd hierop, is Laerskool Nelspruit primêr ‘n opvoedkundige instansie gegrond in die verskaffing van dinamiese, moedertaalonderrig van uitnemende kwaliteit aan al ons kinders. Ons strewe is om te verseker dat spesialis onderwys deur vakspesialis en vakspesifieke opvoeders in top gehalte fasiliteite aangebied word. By Laerskool Nelspruit glo ons dat kinders moet speel, ontdek en leer.

Met die diversiteit in die Suid Afrikaanse onderwysstelsel, is dit vir u, as ouer, belangrik om die regte keuse te maak ten opsigte van die skool waar u, u kind vir sy of haar skoolloopbaan inskryf. Laerskool Nelspruit besef dat u kind u kosbaarste besitting is en dat net die beste vir hom of haar goed genoeg sal wees. Ons leef daagliks ons leuse “behou en bou” uit, deur die kennis, ervaring en kundigheid van 107 jaar te behou en daarop te bou, tot voordeel van al ons kinders.

Die inspanning van tegnologie en ontdekkingsleer sal verseker by die Nellies gebruik word om ’n moderne onderrigmodel vir vooruitgang by ons skool te skep en om te verseker dat kinders se vlerke van kreatiwiteit gesprei word. Met nougesette samewerking van ons beheerliggaam, die onderwysdepartement en gemeenskap, is dit moontlik om te kan sê Laerskool Nelspruit is werklik “Die skool vir die toekoms!”

Mnr Jaco Hauptfleisch

 

OUR
PHILOSOPHY

We have got to learn to live in continual wonder of life so that we can allow ourselves and our children to celebrate life. What I do for me, I do for you and what you do, you do for me. We believe that everything you have ever learned at the Nellies, you have learned for everyone else in your community.

We have bought into the principle of allowing our children to participate in as many activities as possible. We know what we do, we believe in education and we live our dream as teachers with passion!

“If a school has the right tools they can produce the results which will be expected of them!” At the Nellies you enter to learn and you leave to serve....!
ASH

parallax background

AKADEMIE

SPORT

KULTUUR

VOORNEMENDE NELLIES

NELLIE
WAARDES

In ons op-weg-wees na uitnemendheid besef ons dat daar 'n beduidende klemverskuiwing is op die kurrikulêre- sowel as buite- kurrikulêre aktiwiteite waaraan die primêre skool kind blootgestel moet word, asook die premie wat geplaas moet word op die fisiese fasiliteite.

Daar word elke jaar op meer as een terrein gewen en verloor. Daar word soms hard gepraat, aanmoedigings en lofprysings deurgegee en trane van blydskap en hartseer stort om verskeie redes op die Nellie terrein. As dit al is wat u van die Nellies met u saamneem, dat waar u ookal besig was of wat u ookal gedoen het ‘n verskil gemaak het, dan was elke dag, elke traan en al u insette die moeite werd deur en deur!

The Nellie school charter for dealing with differences:

  • Elke Nellie is ‘n integrale en belangrike lid van die span en verdien om met respek en deernis behandel te word.
  • Nellies will not treat each other badly or hurt one another in any way because they are different
  • Elke Nellie sal die geleentheid gebied om gehoor, en na geluister te word.
  • Differences will be accepted and celebrated.
  • Nellies accept each other.
  • Ware Nellies leef in totale verbondenheid met die ware God!

GESKIEDENIS

Laerskool Nelspruit is op 11 April 1916 deur mnr A F van Zyl met 20 leerlinge geopen. Verskeie persone het as Hoof waargeneem totdat mnr D J J Bisschoff op 18 April 1922 as eerste permanente Hoof aangestel is. Sedert daardie vroeë jare het die skool die wel en weë van die Laeveld meegemaak.
LEES MEER...