Nelis Bodensteyn

Gholforganiseerder


BOODSKAP VAN DIE GHOLFORGANISEERDER

Golf at Laerskool Nelspruit is an individual sport hidden within a team sport, you play as an individual but you are represented as a team. Golf is a “gentleman’s/woman’s” sport, it is based on etiquette and good sportsmanship. At Laerskool Nelspruit we encourage as many learners as possible to participate in the Golf trials. 
 
 

MISSIE

Gholf by Laerskool Nelspruit word beskou as ‘n opvoedkundige aktiwiteit. Die spel, afrigting en administrasie word gegrond op opvoedkundige beginsels. Gesonde kompetisie tussen individue en ander skole word aangemoedig maar die genot van die spel moet nooit onderbeklemtoon word nie.
Die ontwikkeling van basiese vaardighede en fisiese fiksheid is die primêre doelwitte.
Sportmangees aanvaarbare gedrag, op en van die baan af en regverdigheid, moet te alle tye seëvier.
Die feit dat Gholf in baie opsigte ‘n individuele sport is, kan nie geïgnoreer word nie, maar nie ten koste van spanbou nie. Alle spelers moet bewus wees daarvan dat hulle vir hulle skool speel sowel as vir hulleself. Persoonlike doelwitte moet gekoester word en in balans wees met die doel om vir ‘n span te speel.

VISIE

Om die spel Gholf te bevorder sodat dit vir elke speler ’n genotvolle, sowel as ’n sosiale sportsoort sal wees. Om as lid van ’n span, die etiek sowel as die vaardighede van die spel by die spelers tuis te bring.

Die wenmotief moet nie oorbeklemtoon word nie, eerder die belangrikheid van onselfsugtigheid, trots op prestasie, beheer van humeur en die vermoë om met grasie te wen of verloor.
Hierdie is ook ‘n sportsoort waar die speler homself kan uitleef om persoonlike doelwitte te stel en na te streef. Ten spyte van persoonlike prestasie is dit die doel by die Nellies om in spanverband aan toernooie en wedstryde deel te neem. Elke speler gee dus sy beste en ondersteun ander met die doel om die maksimum punte vir die span te behaal.

 

Oud Nellie - Thriston Lawrence