Ade Adendorff

Rugbyorganiseerder


BOODSKAP VAN DIE RUGBYORGANISEERDER

Die Nellie Leeus verteenwoordig Laerskool Nelspruit op die rugbyveld. Van ons klein Welpies af tot die skool se Eerstespan in hul swart truie, en selfs die Krokodilletjie rukrugbyspanne, neem daar elke jaar ongeveer 350 seuns deel aan die verskillende rugby afdelings.

Ons beoog om afrigting van n professionele standard aan ons seuns te bied wat fokus op meer as net rugby. Vir meer as 100 jaar is die Nellie Leeus ‘n deel van die Laeveld se rugbylandskap en deur die hele land weet ons teenstanders, die Nellie Leeus brul!

 
 

MISSIE

Om by elke seun die liefde vir die spel rugby te kweek

Meer seuns – meer geleenthede

Rugby op ’n volgehoue hoë standaard af te rig

Tred te hou met die spel rugby deur middel van kursusse, klinieke, toere ens.

RUGBY SEASON

DURATION

The Rugby season commences after the completion of the Inter Primary Athletics meeting. The full compliment of the game of Rugby, is played by boys from U/9 to U/13.

VOORSEISOEN

Na afloop van die atletiekseisoen word daar proewe gespeel waar elke seun voldoende geleentheid kry om vir die onderskeie spanne gekies te word.

LIGA

Laerskool Nelspruit neem deel aan die plaaslike rugby liga op ‘n vriendskaplike basis. Die Nellies neem deel teen ander skole in die Ehlanzeni Rugbystreek. Gekombineerde A/B – spanne neem vriendskaplik deel teen die kleiner skole.

PUMA PROVINCIAL TRIALS

Players in the U/12 and U/13 age groups have the opportunity to participate in the Ehlanzeni regional trials and the Puma trials.

OUD NELLIES RUGBY

Oud Nellies wat Suid Afrika in Rugby verteenwoordig het.

Duane Vermeurlen - Springbokke

Werner Kok - Blitsbokke

BORGSKAP GELEENTHEDE

Nellies doen ‘n beroep op ouers wie se kinders betrokke is by die sport aktiwiteite om dit dalk te oorweeg om as borg betrokke te raak. Ons sal genoegsame publisiteit en bemarking vir u maatskappy bied.

Kontak asb Johan Orton by johan@nellies.co.za /0823731733

KROKODILLETJIE RUGBY

Krokodilletjie Rugby is al vir 10 jaar deel van die Laeveld en is een van die gewildste rugbyprojekte onder die jeug. 

Dit skep die ideale platform vir beginner rugbyspelers om die basiese vaardighede van die spel te ontwikkel. Daar word aandag gegee aan balhantering, kontakvertroue en om ‘n liefde vir die spel te kweek.

Sinoniem met dié projek, is die hegte band wat gesmee word tussen die seuns, en die ouerbetrokkenheid wat by die skool bewerkstellig word.

Ons bied jaarliks in Mei ‘n rugbydag aan vir ons bulletjies waar hulle die geleentheid kry om teen verskeie ander skole deel te neem.

Dit behels ‘n “Tag rugby” sonder kontak tussen die pale. Bykans 570 seuns van verskeie skole kry die geleentheid om teen mekaar te speel.

Elke speler is uniek en kan sy eie talente ontdek daarom is die Pumatjie Rugbydag die ideale platform om met die kompeterende deel van die spel kennis te maak.

Neem kennis, die TAG RUGBY word amptelik deur SARU geimplimenteer in al die Laerskole se ontwikkelings sportprogram.