By die Musieksentrum word kunstenaars gevorm.

Ons werk met die kind in totaliteit: intellektueel, emosioneel en liggaamlik. Musiekonderrig het 'n positiewe uitwerking op die akademiese prestasie en algemene welsyn van leerders.

Dit is ‘n belewenis om die ontwikkeling van die kinders dop te hou vanaf hulle eerste beginnerstuk totdat hulle later gevorderde werke met oortuiging kan uitvoer. Leerders word ook jaarliks ingeskryf vir die Eisteddfod en UNISA eksamens.