BOODSKAP VAN DIE SKAAKORGANISEERDER
NELLIE'S CHESS - IT'S YOUR MOVE!
Slim, slimmer, slimste......skaak! Maak jou skuif!
Skaak deelname by Laerskool Nelspruit het ten doel om die spelers se konsentrasievermoë en selfvertroue te verbeter. Hulle leer ook om situasies te analiseer en besluite te neem. Skaak word vereenselwig met ‘n helder verstand, briljante besluitnemers en uitstaande strategiese denkers. Dit bevorder logiese redenering en is ‘n toets vir geduld, breinkrag en konsentrasie. Dit is ‘n spel wat waarders soos respek en eerlikheid bevorder.
Voordele van skaak:
-
’n Verbetering in konsentrasievermoë en kreatiewe probleemoplossingsvaardighede.
-
Bevorder logiese redenering en strategiese denke.
-
Is ’n toets van geduld, senuwees en konsentrasie.
-
Dit verbeter sosiale vaardighede. Dit gaan hier oor meer as net verbale kommunikasie. Skaak leer jou kind hoe om elke wen en verloor te hanteer. Jou kind leer hoe om geduldig te wag terwyl hul teenstander hul opsies oorweeg.
-
Skaak help om aandag-afleibaarheid en hiperaktiwiteit te beheer. Deur die spel te speel kan dit ‘n kind help om hul aandag langer op een plek te hou.
-
Dit verbeter taalvaardighede. Skaak stimuleer verskillende areas in ‘n kind se brein en het dus ook ‘n impak op hul logika en dit is ‘n belangrike aspek van taalvaardigheid.