GEDRAGSKODE
1.1 Godsdiensbeleid 2018
Laerskool Nelspruit se tradisies en etos is gebaseer op waardes en normes wat verteenwoordigend is van die skool se demografie. Die skool se godsdiensbeleid maak voorsiening daarvoor dat daar volle aanvaarding van en respek vir ander godsdienstige gelowe hierin vervat word. Leerlinge, personeel en ouers van Laerskool Nelspruit moet waardes soos integriteit, deernis, verantwoordelikheid, respek en ‘n goeie werksetiek bevorder.
Equity: The education process in general, as well as this policy document, must aim at the development of a national democratic culture with respect for the value of all of our people’s diverse cultural, religious and linguistic traditions.
Tolerance: Religion in education must contribute to the advancement of inter-religious tolerance and interpersonal respect among adherents of different religious or secular worldviews in a shared civil society.
Diversity: In the interest of advancing informed respect for diversity, and as an educational institution we have the responsibility to promote multi-religious knowledge, understanding and appreciation of religions in South Africa.
Openness: Our school, together with the broader society, play a role in cultural formation and transmission and we must promote a spirit of openness in which there shall be no overt or covert attempt to indoctrinate any person into any particular belief or religion.
Accountability: As systems of human accountability, religions cultivate moral values and ethical commitments that can be recognised as resources for learning and as vital contributions to nation building.
Social honour: While honouring the linguistic, cultural, religious or secular backgrounds of all our parents, staff and learners, we cannot allow the overt or covert denigration of any religion or secular world view.
The spirit of the policy is to embrace the religious diversity of South Africa, allowing everyone the right to freedom of conscience, religion, thought, belief and opinion.
- THE LAERSKOOL NELSPRUIT SCHOOL POLICY ON RELIGION IS UNDERPINNED BY THE FOLLOWING:
1.1 The freedom of all individuals in the school to religious choice.
1.2 The right of individuals to practice their own religion and to be free of coercion to join any religion and without promoting one religion over another.
1.3 A belief in the broad religious-moral-ethical standards and principles espoused by the “Nellie Values”.
1.4 Tolerance towards, and acceptance of all religions which have tenets compatible with acceptable ethical and moral standards and principles.
- SKOOLBYEENKOMSTE EN GELOOF
2.1 Alle skoolbyeenkomste wat ʼn godsdienstige element bevat, is aanvaarbaar in soverre dit nie bots met klousule 1.1 tot 1.4 nie.
2.2 Terwyl die bywoning by alle buite-kurrikulêre skoolvergaderings en byeenkomste verpligtend is, ongeag van individuele godsdienstige oortuigings, is deelname aan aktiwiteite waartydens skriflesing uit die Bybel, lofprysing deur middel van sang of gebed geskied, opsioneel vir persone wat nie dieselfde sentiment dra nie. Daar word egter verwag dat behoorlike respek en toepaslike gedrag deur alle persone by sodanige byeenkomste gehandhaaf sal word.
2.3 Al die kinders in Graad 4-7 kom elke dag, voor die skool aanvang neem, bymekaar op die aantreeblad. Voordat die dag se aankondigings gedoen word sal daar aan die kinders geleentheid gebied word om in hul eie belangegroep byeen te kom.
2.4 Die Graad 1-3 leerlinge sal elke oggend in klasverband bymekaar kom. Elke belangegroep sal toegelaat word om binne hul geloofsverband bymekaar te kom. Daar sal nie ‘n boodskap gebring word wat vanuit ‘n spesifieke godsdienstige dogma geput word nie.
2.5 The Grade 1-7 children will assemble every morning, either in the class or at the various assembly points, as we have done since 1994.
2.6 The majority of parents indicated that they are Christians. The school day will commence with scripture reading from the Bible and it will be followed by praise and worship and a prayer at assembly.
2.7 Daar sal nie by die Christene se byeenkoms ‘n boodskap gebring word wat vanuit ‘n spesifieke godsdienstige dogma geput word nie.
2.8 The other religious groups will be afforded the opportunity to assemble at a venue where they can conduct their own religious practices. The Bell will indicate that the time for religious practise is over and that all the pupils must return to assembly or to the class so that we can do the announcements for the day. The entire assembly, including the announcements, must be completed in the first 15 minutes from 07:30-07:45.
2.9 If it happens that we have to deviate from commencing with the religious assembly due to other activities in the school programme, all the children will then go to their register class at 07:30.
2.10 Ouers sal jaarliks met opening van die nuwe skooljaar die geleentheid gebied word om ‘n keuse uit te oefen op watter wyse hulle kinders aan godsdiens beoefening moet deelneem. Indien ‘n ouer ter enige tyd gedurende die skooljaar sy keuse in hierdie verband wil verander, is dit die ouer se plig om die Hoof van die skool skriftelik hiervan in kennis te stel. Enige nuwe leerder wat by die skool aansluit gedurende die skooljaar, sal die keuse gebied word met aansluiting. Die skool sal ten alle tye optree ingevolge die keuses wat deur die Ouers uitgeoefen is sodat dissipline te alle tye in die skool gehandhaaf kan word.
2.11 Enige versoeke of besware in verband met die Godsdiensbeleid of die toepassing daarvan moet direk aan die Hoof van Laerskool Nelspruit gerig word wat dit met die nodige sensitiwiteit en sorg sal hanteer.
- FORMAL APPRAISAL AND EVALUATION : RELIGION
3.1 Wherever feasible or practicable, the school will ensure that its timetables concerning formal evaluation and appraisal of learners’ work, as well as major, whole school cultural and sporting activities, take cognizance of the holy days of the various religious groups in the school.
3.2 It will further ensure that learners are not disadvantaged in their appraisal or evaluation outcomes, as a direct consequence of them having observed a religious holiday or carried out a religious practice expected of them by their religion.
- VERLOF TOT AFWESIGHEID VIR GODSDIENSTIGE OORWEGINGS
4.1 Waar ouers vereis dat hul kinders van die skool afwesig is vir die nakoming van godsdienstige dae, sal dit toegelaat word met dien verstande dat enige afwesigheid deur die ouer skriftelik gemotiveer, versoek en verduidelik sal word en dat die verpligting op die leerlinge sal berus om enige werk wat gemis word, as gevolg van so ‘n afwesigheid, op te maak. Die kind sal afwesig gemerk word op die register.
- GODSDIENS IN DIE KURRIKULUM
5.1 Onderrig vind plaas in ooreenstemming met die NAKBV wat deel uit maak van Lewensoriëring.
5.2 Geen opvoeder sal gedwing word om onderrig te verskaf as die opvoeder ‘n gewetensbeswaar het teen die inhoud van die kurrikulum nie.
- FACILITY FOR RELIGIOUS OBSERVANCES
The Governing Body will not make its facilities available for religious observances by any representative faith group in the School.
Laerskool Nelspruit will support and encourage the understanding of and respect for religious diversity as far as is reasonably practicable.
Laerskool Nelspruit recognises the particular value of the rich and diverse religious heritage of our school community. While we acknowledge that the school has an educational responsibility for teaching and learning about religion and religions, and for promoting these, we understand that we should do so in ways that are different from the religious instruction and religious nurture provided by the home, family, and the specific religious community.
This policy has been developed with reference to the following:
The Constitution of the Republic of South Africa, Act 108 of 1996
South African School Act, Act 84 of 1996
Department of Education Report of the Ministerial Committee on Religious Education of 2003
Our policy for religion in education, therefore, is designed to support unity without uniformity, and diversity without divisiveness.
Die Godsdiensbeleid is opgestel in samewerking met die Beheerliggaam, ouers en Personeel van Laerskool Nelspruit en goedgekeur tydens ‘n vergadering gehou op 20 November 2017.
1.2 Taalbeleid
Die amptelike taal waarin onderrig plaasvind is Afrikaans. Engels word as Tweede Taal aangebied vir die Afrikaanse afdeling. Die teenoorgestelde is van toepassing op die Engelse afdeling. Siswati word as addisionele taal aangebied.
1.3 Toelatingsbeleid
‘n Leerling wat by Laerskool Nelspruit wil inskryf moet aan die minimum ouderdom, soos amptelik deur die MPO voorgeskryf, voldoen vir die aanvangsfase asook in elke graad. Verwys na die Staatskoerant No 19377 van 19 Oktober 1998.
Amptelike bewys moet gelewer kan word van die vlak van vordering voordat ‘n leerling amptelik in die graad ingeskryf sal word. ‘n Leerling sal voorlopig ingeskryf word in ‘n graad totdat die nodige dokumentasie verskaf kan word. (14 dae).
Slegs leerlinge wat in die kleiner Nelspruit voedingsgebied woon kan by die skool ingeskryf word en of leerlinge wie se ouers in die direkte omgewing van die skool werk.
1.4 Gedragskode – Discipline policy
‘n Leerder :
* se gedrag sal die etos en missie van die skool weerspieël en nastreef
* moet hom / haar so gedra dat hy/sy die skool sal komplimenteer en tot voordeel van die handhawing van orde en dissipline hom / haarself sal handhaaf
* sal gedissiplineerd teenoor hul meerderes en veral ouers en personeel optree
* sal die menswaardigheid van elke mede-leerder respekteer
* sal respek betoon teennoor alle persone in gesagsposisies
* erken dat dissipline en orde ‘n voorvereiste is vir die bevordering en instandhouding van die gehalte van die leerproses
* erken dat selfdissipline en die nakoming van skoolreëls en die dissiplinêre kode ten grondslag lê van ‘n geordende
* skoolgemeenskap sal te alle tye die beeld van die skool positief uitdra.
* ‘n Leerling se optrede en gedrag selfs in hul privaat hoedanigheid, sal hiervan getuig.
* Our vision is that each child develops self discipline and respect in a caring environment where true learning and education can take place.
* Laerskool Nelspruit values honesty, tolerance, respect, responsibility, equality and good manners
1.5 SKOOLORGANISASIE
Algemeen
Skooltye : Gr R – 3 Maandag – Vrydag 07:30 – 12:45
Skooltye : Gr 4 – 7 Maandag – Vrydag 07:30 – 13:00
Leerlinge tree soggens in die vierkant voor die Junior klasse aan vir afkondigings. Na die afkondigings beweeg die leeerlinge na hul klasse.
Leerlinge wat om wettige redes afwesig is, moet so spoedig moontlik by hulle terugkeer, ‘n mediese sertifikaat indien vir meer as 3 dae, of ‘n brief van hul ouers, vir minder as 3 dae.
Indien ‘n leerling gedurende skooltyd enige afsprake moet nakom moet die persoon wat hom kom afhaal eers die register by die kantoor voltooi. Geen kind sal op sy eie verantwoordelikheid toegelaat word om die perseel te verlaat nie.
Slegs ‘n doktersertifikaat is aanvaarbaar vir ‘n leerling wat tydens eksamen afwesig is.
Klasleiers
Neem verantwoordelikheid vir die goeie orde in die klas.
Verleen hulp aan die Onderwyser
Klasleiers moet ‘n rooster bywerk vir die skoonhou van hul registerklas.
Register word daagliks geneem vir alle leerlinge.
Klaswisseling
Aan die einde van ‘n periode moet die leerlinge op bevel van die onderwyser hul boeke inpak, wag vir toestemming om te staan en te stap. Dogters eers en dan seuns.
Leerlinge hou links op die stoepe. Tasse word in die regterhand gedra. Die eenrigting op stoepe moet te alle tye gehandhaaf word.
Leerlinge moet tydens wisseling in ‘n reguit ry agter mekaar stap.
Binne drie minute nadat die klok gelui het, moet die leerlinge reeds by die volgende klas wees.
Die oomblik as die klok vir die begin van die skooldag of na ‘n pouse lui moet die leerlinge beweeg na die plek waar hulle dan moet wees. As die tweede klok lui na pouse beteken dit dat die klas ‘n aanvang geneem het en moet daar orde wees.
1.6 Klaskamerpraktyk
Wanneer leerlinge in die klas instap moet dit ordelik geskied
Leerlinge gaan staan by hul banke en wag op die groet en bevel van die Onderwyser.
Indien die Onderwyser nie by die klas is nie moet die klasleier na die kantoor gaan en uitvind wat die rede is. Die leerlinge moet in die klas ingaan indien die deur oop is.
Klaskamers moet te alle tye netjies gehou word.
‘n Nellie skryf nie op vensters, mure, tafels, of pale vir welke rede ookal nie.
Tydens onderrig periodes word nie geëet nie.
‘n Leerling verlaat nie die klas sonder toestemming van die onderwyser nie.
Handboeke en skrifte word met plastiek oorgetrek. Indien hierdie artikels verniel neem die ouers verantwoordelikheid vir die herstel of vervanging daarvan. Dit geld ook vir verlore boeke.
Tasse moet verkieslik van ‘n harde karton of derglike materiaal voorsien wees om die handboeke en skrifte te beskerm.
Huiswerk soos deur die Onderwyser gegee aan die klas moet gedoen word. Indien ‘n leerling afwesig is, is dit sy eie verantwoordelikheid om werk in te haal en dit te voltooi.
1.7 Diensraad
Die Diensaad sorg vir die orde op die terrein en om die vloei van die normale skoollewe te handhaaf.
Indien die gesag van die Diensraad ondermyn word sal die saak dadelik deur die DPO hanteer word.
1.8 Terrein
Gedurende pouse mag geen leerling in die saal of in die klas of op die stoepe wees nie.
Leerlinge mag onder geen omstandighede met ‘n fiets op die stoepe of tussen klasse ry nie.
Geen speletjies word tussen die geboue toegelaat nie.
Geen leerling mag by die personeel se voertuie speel nie.
Verlore goedere wat opgetel word moet by die kantoor ingehandig word. (juwele, geld, Nellie klubkaarte)
Klere, tasse of ander verwante artikels moet nie as verlore goedere beskou word nie, dit moet gelos word waar dit is.
‘n Leerling wat beseer word of siek raak gedurende skooltyd moet by die siekekamer aanmeld vir hulp – indien moontlik.
Geen leerling mag met ‘n brandblusser of elektriese skakelbord peuter nie.
Die kantoor en personeelkamer is buite perke vir leerlinge behalwe indien deur ‘n Onderwyser daarheen ontbied word.
Enige vandalisme sal met die nodige erns aangespreek word.
Geen blom of boom mag vir welke rede beskadig word nie.
Die pluk van bg is ook nie toelaatbaar nie.
Rook is verbode op die terrein en ook na skool indien ‘n leerling skoolklere aan het of as een van ons kinders geïdentifiseer kan word. Dit geld ook vir die gebruik van drank of dwelms.
Geen gevaarlike speletjies mag tydens pouse gespeel word nie, dit sluit hoofsaaklik speletjies in met voorwerpe wat van ‘n harde materiaal gemaak word.
Geen speelgoed soos poppe, karretjies, speelgewere, messe ens mag skooltoe gebring word nie.
Geen wapens word op die terrein toegelaat nie – BB gun, windbuks, rewolwer, pylgewere ens. Hierdie artikels sal dadelik gekonfiskeer en aan die polisie oorhandig word.
1.9 Drugs, alcohol and substance policy
Alkohol word nie op die skoolterrein toegelaat nie, behalwe tydens amptelike funksies wat deur die Beheerliggaam goedgekeur is. Slegs persone bo die ouderdom van 18 mag alkohol gebruik tydens genoemde funksies.
Drugs may not be brought onto the school premises, except for drugs prescribed by a physician. Learners are to inform their educators of which prescription drugs they are using. Educators and staff are to inform the Principal of prescriptions they are using.
No educator, parent, volunteer, staff member or visitor may consume alcohol or drugs on the school premises during school hours, or when in the presence of learners.
Geen leerder, ouer, vrywilliger of ander personeel wat verantwoordelik is vir die vervoer of toesighouding van leerlinge mag onder die invloed van alkohol of dwelmmiddels wees nie. Die verkoop van alkohol of dwelms aan minderjariges is onwettig. Regs- en dissiplinêre stappe sal teen oortreders geneem word wat alkohol of dwelms aan minderjariges verkoop of gee.
Learners affected (directly or indirectly) by alcohol or drug abuse will be afforded counselling by the school. (Funds permitting) Educators, staff of learners who are under the influence of alcohol or drugs and attend the school or a school function where minors are present will be subject to disciplinary procedures. Substance abuse in the sporting arena at our school will not be tolerated.
Om onder die invloed van alkohol of dwelms (op die skoolterrein te wees) word as ‘n ernstige oortreding beskou en is onderhewig aan dissiplinêre optrede.
Help and support:
*SANCA ( S.A. National Council on Alcoholism and Drug Dependency ) 013- 752 4376
*Swartfontein Rehabilitasiesentrum 013- 751 2185
1.10 Aids policy
‘n Leerling met HIV/ VIGS mag die skool bywoon mits die ouer bereid is om dit aan die skoolbestuur (Hoof) openbaar te maak. Hierdie aspek sal vertroulik gehou word.
Indien ‘n ouer nie die kind se status openbaar maak nie en die kind ‘n ander leerder se lewe in gevaar stel deur welke wyse ookal is die skool nie aanspreeklik vir enige regskoste wat daaruit mag spruit nie.
1.11 Algemeen
Afknouery van welke aard ookal word gladnie toegelaat nie.
Geen bakleiery word toegelaat nie. Daar is ander erkende maniere om ‘n geskil by te lê of op te los.
Ons verwag van ons leerlinge om te alle tye welvoeglik op te tree. Geen kind word toegelaat om terwyl in skooldrag geklee hand-aan-hand of -om die lyf met ‘n kind van die teenoorgestelde of dieselfde geslag te loop asof ‘n verliefde paartjie nie. Dit geld ook vir soen en liefkosery in die algemeen.
1.12 SBS students
The SBS students are managed by the Vice-Principal (Academy). They have to be at school for 5 hours per day. Die buite-kurrikulêre program vir SBO studente is in hierdie 5 ure ingesluit. Die studente bied slegs lesse aan indien dit deur die Fasiliteerder en Adjunkhoof beplan is. Indien daar toesig gereël moet word by ‘n Fasiliteerder wat afwesig is mag dit slegs met goedkeuring van die Adjunkhoof gedoen word. General tasks such as photocopying, compiling documents or programs, making of posters etc is expected from the students but only during periods where the Facilitator gives permission for these tasks to be done. The Vice-Principal will allocate the SBS students to a Facilitator for a period of time, which would enable them to get acquainted with the learning material in the grade/phase. SBS students are under contract of the Governing Body for a period of time, which would not exceed the period in which to complete their studies.
1.13 CELL PHONE POLICY
The only cell phone that will be allowed on the school premise or in a child’s possession at any stage, where the child is under the supervision of Laerskool Nelspruit’s staff members (on tour / practise / excursions, functions, meetings etc) is one that does not have:
a camera or video capabilities, bluetooth, mixit, whatsapp, twitter, bbm, facebook or access to internet.
In die lig van bogenoemde sal ‘n wettige selfoon impliseer dat dit ‘n instrument is wat slegs beskik oor die vermoë om ‘n oproep te maak of ‘n teksboodskap te stuur.
Selfone, wat aan die skool se beleid voldoen, word geheel en al op eie risiko skooltoe gebring. Die selfoon moet vir die volle duur van die skooldag afgeskakel en in die kind se tas wees. Die selfoon mag egter direk na skool aan die kind se persoon gedra word en dit mag aange-skakel wees. Geen kind mag ‘n oproep maak of sms stuur gedurende skooltyd nie.
Sanksies
‘n Wettige selfoon wat wederegtelik by die skool gebruik word, sal ingeneem word en in die kluis gehou word. Die selfoon sal slegs aan ‘n ouer terug besorg word. Die kind sal ‘n Vlak 3 oortreding ontvang.
A Cell phone with explicit material on it, or an illegal cell phone, will be handed over to the SAPS for further investigation. The child will be suspended until a disciplinary hearing is completed and the panel has decided on a final sanction. This is also applicable to a child that has a cell phone in his possession that has a camera or video capabilities, bluetooth, twitter, whats app, mixit, bbm, facebook and access to internet.
1.14 Slot
Indien enige reël oortree word sal dit met die nodige erns aangespreek word wat dit verdien. Herhaalde oortredings sal na die ouer verwys word. (Verwys “Dissipline – Praktiese riglyne”) Hierdie gedragskode is deur die personeel, ouers en leerlinge van Laerskool Nelspruit opgestel en word as sodanig beskou as die norm vir ‘n ware Nellie.
Laerskool Nelspruit strewe daarna om gelukkige kinders op te voed tot voordeel van ons gemeenskap! Ons gee om!