Die kinders in Laerskool Nelspruit kry nie huiswerk nie. Dit is wetenskaplik bewys dat daar geen waarde daarin is om kinders te vermoei met ure se huiswerk nie.
Ons het deeglike navorsing gedoen in die aanloop daarna om ons huiswerkbeleid aan te pas. Dit is wetenskaplik bewys dat die tonne en tonne huiswerk wat kinders kry nie noodwendig ‘n beduidende verskil maak in die kinders se prestasie nie. Dit gebeur ook toenemend dat baie ouers namens hul kinders die werk doen omdat dit die kinders vir ure en ure besig hou. Die wyse waarop ‘n ouer ook bv Wiskunde probeer verduidelik, verskil van die wyse waarop die onderwyser dit doen en dan is daar onnodige konflik in die huis.
U kan gerus die volgende skakel op “google” insleutel en die video volg: https://youtu.be/-WqHGXLE0P8
Die kinders begin in die klas met die werkkaarte nadat die onderwyser die werk verduidelik het. Hulle sal voldoende geleentheid gebied word om die werk te voltooi. Dit is belangrik om dit wat in die klas gedoen is, in te skerp. Wanneer die kinders pligsgetrou in die klas werk sal hulle ook, terwyl die juffrou in die klas by hulle is, kan vra dat dit weer verduidelik word as hulle iets nie verstaan nie. Voor elke nuwe komponent, wat in ‘n tema behandel word, sal die toepaslike terminologie in die klas verduidelik word en voorbeelde sal gegee word. Daarna word ’n skriftelike werksopdrag gegee. Die leerlinge kan die voorbeelde gebruik as riglyne en moet die werk in die klas voltooi.
It is not true that the children NEVER get homework. The pupils will have to prepare for a speech at home, learn for a spelling test or learn their multiplication tables. We will also expect them to do research at home on a topic.
Learners, who have not completed their work in class, will fall behind and will have to complete the work in their own time which might imply that they remain in class and complete it during break time. The teacher will initial classwork that was not completed, and a line will be drawn, and “not completed” will be written underneath the work. If a child is absent, it is the responsibility of the learner to obtain the work from the teacher and complete it.
HANDBOEKE / TASSE
Ons het ook vanjaar ons periodes langer gemaak en ekstra trappe gebou by die IF en SF klasse. Dit het ‘n beduidende invloed gehad op die goeie orde en dra by tot meer effektiewe onderrigtyd. In certain subjects the children do not have to bring a text book to school because we have extra text books in the class. Some teachers also keep the text books at school.
GRAAD 4 KLASONDERRIG
Ons het ouers reeds in 2016 voorberei daarop dat ons nie die Gr 4 leerlinge verder gaan blootstel aan klaswisseling nie. Daar is ook deeglike navorsing op die gebied gedoen. The Gr 4 children have to adapt from a “learning to read to a read to learn” environment. One of the main advantages in having a class teacher in Maths is when the Gr 4 child does not grasp a certain concept the teacher can stay on the subject matter until the children are ready to move on. If you need more information on our model you are welcome to contact the Gr 4 teachers
Die kinders kry geleentheid om in die klas met hulle werkkaarte begin, en sal voldoende tyd gebied word om die werk te voltooi. Dit is belangrik, sodat dit wat in die klas gedoen is, ingeskerp word terwyl die onderwyser teenwoordig is en weer . As die kinders pligsgetrou in die klas werk sal hulle al hul werk klaar kan maak. Voor elke nuwe komponent, wat in ‘n tema behandel word, sal die toepaslike terminologie in die klas verduidelik word en voorbeelde sal gegee word. Daarna word ’n skriftelike werksopdrag gegee. Die leerlinge kan die voorbeelde gebruik as riglyne en moet die werk in die klas voltooi.
Leeswerk, spelling, tafels ens wat voorberei moet word, sal gegee word om by die huis te gaan doen. Dit is noodsaaklik dat die leerlinge hierdie leeswerk doen, aangesien geen leer kan plaasvind indien ‘n kind nie sinvol kan lees nie. In graad 7 sal voorgeskrewe werk gegee word wat leerlinge op hulle eie moet deurwerk. Navorsing oor sekere onderwerpe en ondersoeke sal op gereelde basis gegee word, wat noodsaaklik is vir toesprake, opsommings ens.
Grondslag Fase (Gr.R – Gr.3)
Dit is van kardinale belang dat die ouer bemoeienis maak met die kind. Die enigste huiswerk wat aan leerlinge in die Fase gegee word, dien as inskerping en vaslegging van werk wat reeds klassikaal afgehandel is. Wiskunde tafels en kombinasies, Spelling en Leesles is aspekte wat die kinders by die huis moet inoefen.