Rugby Borge vir 2021 en 2022

Nellies support Rhino conservation.
September 19, 2020

KMI Airport and Auto Baltic Nelspruit

Laerskool Nelspruit is trots om bekend te maak dat KMI en Auto Baltic Nelspruit, die Nellie Leeus se Rugbyballe borgskap geteken het vir die 2021 en 2022 Rugbyseisoen. Baie dankie, Marius Nel en Christo Leeuwner.

Ons as skool is bevoorreg om met KMI en Auto Baltic Nelspruit geassosieër te word en deelgenote in die onderwys en skolesport te wees.

Dankie vir u positiewe gesindheid jeens Laerskool Nelspruit. U betrokkenheid en ondersteuning stel ons in staat om geleenthede vir die leerders te bied wat nie andersins moontlik sou wees nie.

Dankie dat u in die wel en weë van ons kinders belangstel. U betrokkenheid sal beslis dividende vir u afwerp!

Ons glo en vertrou die Nellie Handelsmerk sal u en u maatskappy trots maak gedurende die komende seisoene. #TrotsNellies#TrotsVolvo#TrotsKMI

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.