Ons dink buite die boks

Laerskool Nelspruit Meriete toekennings 2019
December 3, 2019
Nellies Lojaliteitskaarte / Loyalty Cards
September 7, 2020
Rohann Schultz van Laerskool Nelspruit wen Evapo-chain

Rohann Schultz van Laerskool Nelspruit wen Evapo-chain

Dit was ‘n kompetisie wat Thought Africa geloots het. “Thinkersplay 3D design challenge” Thought Africa is ‘n besigheid wat daarna streef om leerders te help om uit die boks te dink. Om denkvaardighede vir hul aan te leer en hul voor te berei vir beroepe wat nog nie bestaan nie. Met hul maandelikse uitdagings kan hul nie anders as om hul doel te bereik nie.

Die kompetisie was vir kinders ouderdom tussen 9 – 17.

Die leerders moes dus ‘n probleem identifiseer deur gebruik te maak van die 17 doelwitte vir volhoubare ontwikkeling. Na afloop moes hulle ‘n 3D produk ontwerp het om die probleem wat geidentifiseer is, op te los.

Dit is waar Evapo-chain begin het. Rohann het ‘n toestel ontwerp wat gebruik kan word om herwinbare bottels aanmekaar te bind. Hierdie bottels word dan op reservoirs geplaas waarop skadunet kan dryf om verdamping te kan voorkom. Met hierdie uitvindsel het Rohann as die wenner weggestap met ‘n 3D drukker,iPad, Makey-Makey, Tello Drone, Rasberry Pi en ‘n Arduino stel. Laerskool Nelspruit is trots op Rohann se prestasie!

#trotsNellies #NellieGuts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.